|
|
|||||||
' n Tydjie gelede het ek ‘n spreekwoord raakgelees wat sę dat as niks ooit verander het nie sou ons nie skoenlappers gehad het nie. Die spreekwoord herinner my daaraan dat verandering soms nodig is, veral die tipe verandering wat niks verander aan die wese van iets nie, maar net die “verpakking” so bietjie vernuwe.
Vir hierdie rede is dit my voorreg om ‘n skoenlapper, met die naam: Nuwe Generasie bediening bekend te stel. Nuwe Generasie is die sambreel-naam wat ons gekies het om die Jeugbediening (vir hoërskool jongmense), Studentebediening en Jong volwassene bediening te verteenwoordig. As mens nou die sommetjies mooi maak verteenwoordig die Nuwe Generasie bediening dus ‘n groep mense tussen die ouderdom van dertien en iets-in-die-dertig!
Binne die Jeugbediening funksioneer hoërskool kategese, kampe, avontuur en uitreike. Die Studente bediening noem hulself die “Christus Kartel”. In gewone Afrikaans kan dit beskryf word as die “Christuse bende” en hulle organiseer ‘n studente selgroep, kampe, sosiale geleenthede en uitreike vir studente. Die bediening vir jong volwassenes het onlangs weer op die been gekom en neem ook verantwoordelikheid vir ‘n selgroep en sosiale geleenthede.
Om saam met ons te begin leef en droom gesels gerus met een van die volgende manne:
Elton (Jong volwassenes) - 083 397 9782
Johan (Studente) - 082 552 0184
Nelis (Hoërskool jongmense) - 082 692 8865
|
|||||||