Wie is ons

Kalender

Eredienste

Preke & Rooster

Kleinkroniek

Bedieninge

Aankondigings

Fotos & Videos

Leraars

Kontak & Kaart

>>>>Aanwysings kamp:

 

 

AANWYSINGS NA CASTLE GETAWAY in TIEN MAKLIKE STAPPE

 

Stap 1:                       Pak alles mooi in, bid en raak opgewonde!

Stap 2:                       Neem die N1 Noord na Pietersburg/Polokwane

Stap 3:                       Neem die Zambezi afrit (Betaal die oom of tannie)

Stap 4:                       Draai regs by die robot, onderdeur die hoofweg, reguit aan verby die KwaMhlanga afrit daar, verby Kameeldrif, Kameelfontein afritte ens (13km ongeveer)

Stap 5:                       Draai links by die Mamelodi / KwaMlanga kruising en ry aan vir omtrent 9km (weer verby ander kameelfontein afrit)

Stap 6:                       Draai links by KwaMlanga bordjie. (Daar is oorkant op die hoek 'n Castle Getaway bord, groen letters op wit – dit is net voor die pad ‘n grondpad word.)

Stap 7:                       Draai links by Boekenhoutkloof en die VOLUIT VIR JESUS KAMPE bordjie  (volg maar net die borde van hier – dit word grondpad)

Stap 8:                       Na so ‘n kilo of twee, draai jy weer links by die volgende VOLUIT VIR JESUS KAMPE bordjie.                  

Stap 9:                       Draai regs by die VOLUIT VIR JESUS KAMPE en CASTLE GETAWAY – na so 300m plus is daar ‘n hek.

Stap 10:                     Ry tot by die ontvangs se parkeerarea

                                    Klim uit en wees vrolik - groet vreemde mense

 

WEBSITE – www.castlegetaway.com

AANWYSINGS NA UITREIK IN KAMEELDRIF in TIEN MAKLIKE STAPPE

 

Stap 1:                       Pak alles mooi in, bid en raak opgewonde!

Stap 2:                       Neem die N1 Noord na Pietersburg/Polokwane

Stap 3:                       Neem die Zambezi afrit (Betaal die oom of tannie)

Stap 4:                       Draai regs by die robot, onderdeur die hoofweg.

Stap 5:                       Draai links by die eerste robot (R573 – ou Moloto pad)

Stap 6:                       Draai links by die Kameeldrif Polisie stasie (Jy volg die grondpad wat aan die regterkant van die polisiestasie verby gaan.

Stap 7:                       Volg die grondpad (aan jou linkerkant sal jy die gemeenskapsaaltjie sien). Jy ry deur ‘n grondpad kruisiging. By die volgende grondpad wat uitdraai na links ry jy af – die sokkerveld is dan voor jou.

Stap 8:                       Klim uit en wees vrolik – groet vreemde mense.


 

 

Wie is ons   Kalender  Eredienste   Preke & Rooster  Kleinkroniek

 Bedieninge   Aankondigings   Fotos   Leraars   Kontak&Kaart  Tuis