Wie is ons

Kalender

Eredienste

Preke & Rooster

Kleinkroniek

Bedieninge

Aankondigings

Fotos & Videos

Leraars

Kontak & Kaart

 

Omgeegroepe

KLIK HIER VIR DIE INSKRYWINGSVORM

Kontaknommers – Peet Crous 0798935572, Tinus Venter 0828205127 en Elmeri Taljaard 083306974

Die bestaan van Omgeegroepe in ‘n gemeente is om groei en betrokkenheid in die gemeente te bevorder. Die groter gemeente bestaan uit kleiner groepies wat aktief betrokke is by geestelike sake. Omgeegroepe vergader gewoonlik eenmaal per week op ‘n dag wat die groep pas. ‘n Onderwerp word bespreek en bestudeer.

‘n Omgeegroep bestaan uit 3 – 6 gesinne. Dit is wenslik dat die Omgeegroepbedieningsaksie oor die nodige inligting beskik wat deurgegee word ten einde gesinne met dieselfde belangstellings en ouderdom byeen te bring. Omgeegroepe waar die onderskeie individue op daardie spesifieke stadiums van hul lewens sekere aspekte in gemeen het, maak die samesyn en die logistieke reëlings soveel beter. ‘n Omgeegroepleier neem verantwoordelikheid vir die groep en die funksionering daarvan. Die onderwerpe wat behandel word, word deur die Omgeegroepbediening bepaal. Sondae vergader die leiers om die tema en lesmateriaal vir die komende week te bespreek.

Die doel van die Omgeegroep is om die lede geleentheid te gee om saam met medegelowiges geestelik te groei en mekaar geestelik te bedien en te versorg. Groeplede moet vir mekaar bid en intree. Omgeegroepe het ook ‘n gulde geleentheid om ander gelowiges in te trek wat groei vir die gemeente sal teweegbring. In ‘n Omgeegroep is daar meer geleentheid om eie gawes te ontdek, betrokke te raak by die gemeente en om uit die aard van die saak die Woord van Die Here uit te dra en te verkondig. Dit is ook ‘n fantastiese geleentheid om buite die groep en as groep betrokke te raak by ‘n projek of kerklike aksie van die gemeente.

Omgeegroepe is daar sodat lede mekaar se laste kan dra, mekaar kan ondersteun met moeilike besluite en kan bemoedig in hartseertye en beproewings.

Elke gemeentelid het ‘n behoefte aan: Geloofsekerheid, Geestelike groei en volwassenheid, Empatie en meelewing, Uitreik en om ander te dien, Betrokkenheid by kerkaksies, maar baie belangrik– dat ander gelowiges vir mekaar kan intree met gebed.

Al hierdie behoeftes kan aangespreek word in ‘n Omgeegroep. Dit is ‘n wonderlike belewenis om saam met medegelowiges veral gedurende die besige week, rondom God se Woord te verkeer en die rustigheid en vrede van hierdie samesyn te ervaar.

Daar is ‘n geleentheid vir elke lidmaat in die NG Gemeente Lynnwood om hierdie voorreg te geniet!

Kontaknommers – Peet Crous 0798935572, Tinus Venter 0828205127 en Elmeri Taljaard 08330697

 

 

 

Wie is ons   Kalender  Eredienste   Preke & Rooster  Kleinkroniek

 Bedieninge   Aankondigings   Fotos   Leraars   Kontak&Kaart  Tuis